Die Patetiese Spul "Agtergeblewenes"!
gfxgfxSuid-Afrika oppiWebgfxgfx
gfx gfx
gfx
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
254 Posts in 195 Topics by 4688 Members
Latest Member: intottems
gfx
gfx
*USER INFO
gfxgfx
gfxgfx gfxgfx
Search:     Advanced search
gfxgfx Home Help Search Calendar Login Register   gfxgfx
gfx gfx
gfx
+  Suid-Afrika oppiWeb
|-+  Suid-Afrika oppiWeb
| |-+  Misdaad & Sekuriteit * Crime & Security
| | |-+  Die Patetiese Spul "Agtergeblewenes"!
0 Members and 1 Guest are viewing this topic. « previous next »
Pages: [1] Go Down Send this topic Print
Author Topic: Die Patetiese Spul "Agtergeblewenes"!  (Read 2972 times)
straatkat
Full Member
***

Karma: +0/-0
Offline Offline

Posts: 41



Die Patetiese Spul "Agtergeblewenes"!
« on: September 01, 2008, 12:06:27 PM »

"Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?"
"Ek was honger!"

So lui 'n stokou verskoning wat landdroste al oor en oor moes aanhoor.


Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë  en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.  ( Behalwe die vervloekte nasionale party van john vorster tot de klerk ten einde hul hoogveraad te kon pleeg )

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en 'n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit so pateties soos sy huidige onderdrukkers raak nie.
Logged
Pages: [1] Go Up Send this topic Print 
« previous next »
Jump to:  
Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC
Cerberus design by Bloc
Valid XHTML 1.0! Valid CSS! South Africa's Top Sites
Page created in 0.358 seconds with 20 queries.
gfx
gfxgfx gfxgfx