|
Geskryf deur Dirk Muller
|
Ek het hierdie werf op die been gebring bloot omdat ek van die gedagte om een te besit en van die tegniese uitdagings daaraan verbonde hou. Niks meer as dit nie! As jy die afleiding maak dat ek van deursigtigheid en maanskyn hou, is jy reg.
Het jy al daaraan gedink om iets soos 'n webwerf aan te pak? Indien wel, stel ek voor dat jy heel eerste by oppieWeb.com 'n draai gaan maak - ek is oortuig dis die heel maklikste en beste waarde vir geld oppinet!
Omdat ek nie regtig weet hoe om al die spasie vol te maak nie, gaan ek maar vertel van my omgewing en dinge wat ek glo, ervaar, sien, waardeer....my gemeenskap, hond en....ag wat, ek sal maar sien wat kom op en dit bylas soos wat dit opkom! Maak dus weer 'n draai; dalk lyk dinge dan anders hier.
Meer nog, registreer met 'n geldige epos adres dat ons vriende kan word en jy insette kan lewer. As ek in die toekoms skryflustig raak of iets van belang het, kry jy dalk 'n epos van my omdat ek van jou weet. Belangrikste is dat geregistreerdes nog 'n keuselys kan sien en indien jy 'n webwerf het, is daar plek om 'n skakel soontoe aan te beveel.
|